Mossel Bay, Western Cape

Call Us

044 693 0162

Find Us

96 Apiesdoring Street, Heiderand Ext. Mossel Bay

Inligting

Die feit dat Fynbos Hoogte ‘n nie-winsgewende Rotariër projek is, maak al die verskil in vergelyking met ander aftreeoorde.

Die uitstaande kenmerk is dat die Rotariërs betrokke bly by die bestuur van die oord, selfs nadat die projek voltooi is.  Hulle tree te alle tye in belang van die oord en sy inwoners op deur byvoorbeeld heffings so laag moontlik te hou maar steeds ‘n volhoubare aftreeoord te bedryf.

Die huiseienaars vereniging bestuur stel self die siekeboeg personeel aan om hoë standaarde van sorg te handhaaf.

Die siekeboeg is reeds Julie 2017 in bedryf en is vergroot met enkel en dubbel kamers. Siekeboeg kan in totaal 40 pasiente akkomodeer.

Daaglikse etes word aangebied deur Western Cape Caterers .

Bouwerk van gehalte word gelewer deur ‘n boukontrakteur, Tretsom Bouers, wat reeds verskeie aftreeoorde vir die Rotariërs gedoen het

Herverkope

  • Eietitel wooneenhede met kaart en transport.
  • Koper moet 55 jaar en ouer wees en om die eenheid te bewoon.
  • Alle navraag by die Kantoor.

Huisplanne en Pryssamestelling

  • Verskillende plan opsies is beskikbaar. Kleiner planne kan op groter erwe geplaas word. Bestaande standaard planne kan deur die koper verander word en sal gratis deur die argitek gedoen word.
  • Huispryse bestaan uit: Erf prys plus boukoste (oordragskoste ingesluit)
    • Die erf prys sluit in alle ander kostes soos infrastruktuur, omheining, bou-en toerus van dienssentrum en siekeboeg, ens.
  • Betalings geskied via die trustrekening van die oord se prokureurs – Herbie Oosthuizen & Assosiate.
  • Registrasie vind plaas op die erfgedeelte.
  • Boukoste is betaalbaar wanneer met bouwerk begin word.
  • Rente word verdien op die trustrekening vir koper se verdienste.

Beskikbaarheid

Fase 1 tot 3 is uitverkoop.

Fase 4 is in beplanning.

Kontak: Fynbos Kantoor Maandag – Vrydae vir verdere inligting: 044-693 0162

Van Uitstel kom Afstel!

Maak kontak terwyl eenhede beskikbaar is!